SPELPAKKET VLAK 1 a, e, i, o, u, y
Die pakket bestaan uit 151 bladsye en is slegs in DIGITALE (pdf) formaat beskikbaar.
GEEN VOORBEREIDING! GEEN KOPKRAP!
KINDER- EN OUERVRIENDELIK!
Die mees volledigste, omvattendste & MAKLIKSTE spelpakket vir die aanleer van klanke (a,e,i,o,u,y) en drie-letter woorde.
'n Groot verskeidenheid aktiwiteite word ingesluit om te verseker dat leerders om 'n prettige, betekenisvolle wyse die klanke, asook die woorde kan lees en skryf.
Dit is ideaal vir enige ouer of onderwyser wat wil verseker dat hul kind(ers) en leerders optimale vordering toon.
Dit kan gebruik word vir Tuisonderrig, Klasonderrig, Intervensie, Hersiening, Vakansiewerk & Huiswerk. DIE OPSIES IS EINDELOOS!
Dit kan ook maklik saam met enige leesprogram aangebied word.
Sommige van die letters het 2 stelle woorde (10 x 2) en dit bied aan die ouer of onderwyser die keuse om tussen die woorde te kies of om die letter oor 2 weke aan te leer.
ELKE KLANK sluit die volgende in:
1. Vooraf-assessering
2. Uiteensetting van werk (Vul slegs die werkskaarte in wat jy vir die dag wil doen)
3. Weeklikse Spellys (in boekmerkvorm)
4. Flitskaarte met die woorde (vir vinnige hersiening)
5. Werkskaarte:
- Skryf elke woord 3 x
- Boks die spelwoorde
- Mini woordsoek
- Ontbrekende letters
- Spel-Trappe
- Woordsoek & Voltooi die sinne
- Geheime Spelwoorde
- Ontsyfer die woorde
- Maak 'n woordsoek
- Spelwoord Sinne
- Bou jou eie woorde (en Letterkaartjies)
- Spelwoord Spyskaart (vir huiswerk/vakansiewerk idees)